DIE VERSKIL IS JESUS

CHRIS

BOTHA

My pa en ma is die helde van my lewe. Hulle het hul lewens vir my gegee, en ons gesin was bevoorreg om ons lewens vir hulle te gee.

Hulle het my na Jesus gelei en by my gestaan deur dik en dun.

My ma is oorlede op die 30ste September 2014, ses dae voor haar 78ste verjaarsdag. My pa is oorlede op die 8ste Maart 2017, 23 dae voor sy 86ste verjaarsdag.

My pa en ma se verhaal is beskryf in die boek Die Verskil is Jesus. Dit is 'n aangrypende getuienis van die krag en heerlikheid van Christus in die lewens van "gewone" mense. As jy dit nog nie gelees het nie, wil ek dit sterk aanbeveel.

Koop die boek hier.

Hieronder is 'n paar klankopnames wat my pa gedoen het vir Radio Namakwaland.

Ons is die Here ewig dankbaar vir die erfenis van Chris en Adri Botha - my liefste, mooiste Pa en Ma - in ons lewens!

  • Vreugde in slegte omstandighede
  • -
  • Chris Botha
00:00 / 00:00
  • Dis die beste om by Jesus te wees!
  • -
  • Chris Botha
00:00 / 00:00

©Riekert Botha | Ontwerp deur blackPEPPERcollective