VITADEI
WHATSAPP
COMMUNITY
Die Vita Dei WhatsApp Community is ’n plek waar mense nie net inhoud verbruik nie, maar saam groei in gehoorsaamheid aan Jesus Christus.
​
Oor die afgelope jare het die Here ’n groot hoeveelheid lering, getuienisse en praktiese bediening deur Vita Dei gegee. Hierdie gemeenskap is nie daar om nóg inhoud te versamel nie — maar om met die waarheid te werk.
​
Wat is die doel van die Community?
Ons doel is eenvoudig:
Om mense te help om God se waarheid te ken, te verstaan en toe te pas in hulle daaglikse lewe.
Hier gaan dit nie oor passiewe kyk nie.
Hier gaan dit oor reaksie.
​
Om die Woord ernstig op te neem
Om dit prakties uit te leef
Om mekaar te help groei in gehoorsaamheid
​
Hoe werk dit?
Die WhatsApp Community bestaan uit tien groepe
(1 vir elke RSA provinsie) en een internasionale groep.
Die groepe is om mense, wat die Vita Dei-videos kyk, met mekaar te verbind tot onderlinge stigting en groei. Elkeen word aangemoedig om prakties te reageer op wat hulle leer.
​
Ons wil doelbewus wegbeweeg van “kyk en gaan aan” — en eerder beweeg na “leer en leef.”
​
Kies jou provinsie. Kliek. Kies dan jou dorp, of die dorp die naaste aan jou. Kliek. Jy sal verwelkom word deur die groepsadmin en lede daar.
​
Belangrike riglyn
Hierdie groepe is nie bedoel om net nóg ’n stroom boodskappe te wees nie. Moenie dit as ’n “inhoud-groep” hanteer nie.
​
Hanteer dit as ’n werkswinkel.
​
Sluit aan
Jy is welkom om aan te sluit by enige van die groepe.


VitaDei Community Reëls
Doel eerste
Hierdie community bestaan om mense te verbind wat die Vita Dei YouTube videos kyk en in hulle eie dorp/streek fellowship wil hê rondom die Woord.
​
Bly by die inhoud
Alle kommunikasie moet direk verband hou met die videos, die Woord wat daarin gedeel word, fellowship en samekoms.
Geen ander plasings nie
Hierdie is nie ’n algemene groep nie.
​
Geen:
advertensies
politiek
grappies/memes
kettingboodskappe
irrelevante aanstuurboodskappe.
​
Fokus op plaaslike verbinding
Die doel is dat mense mekaar fisies kan ontmoet (waar moontlik), saam kyk (waar moontlik) en saam groei in Christus.
​
Hou dit eenvoudig en skoon
Moenie die groep spam nie
Hou boodskappe kort en relevant.
​
Respekteer Christus en mekaar
Praat met sagmoedigheid en respek
Geen argumente of verdelende gesprekke nie.
​
Admins beskerm die doel
Admins sal:
gesprekke terugbring na die doel
irrelevante plasings verwyder
lede help om met mekaar te verbind.
​
Eenvoudige riglyn:
As dit nie help om mense nader aan Jesus en aan mekaar te bring rondom die Vita Dei videos nie, hoort dit nie hier nie.
​
​