top of page
Ons reis is vol bespreek.

Ons glo Jesus het 'n kosbare plan met ons almal.

Starts 12 Oct 2026L'Abri Vermont | Hermanus

Kom reis saam met ons!

Baie dankie vir jou navraag en jou belangstelling in "'n Reis in die voetspore van Jesus" Hier 'n paar riglyne om jou te help met jou besluit en beplanning: Ons neem net 10 mense per kursus in. Dit is dus baie belangrik dat jy seker maak jy kan die volle week bywoon voordat jy bevestig. Sodoende gee ons almal 'n regverdige kans om deel te neem. Die kursus en materiaal kos jou niks nie. Al verwagting is dat jy elke dag bywoon en die week voltooi. Die kursus geskied by ons huis in Vermont (Hermanus) en sal Maandagoggend 9h00 begin en Sondagmiddag 14h00 klaarmaak. Dit is wys om die Sondag voor die kursus by jou verblyf aan te kom sodat ons Maandag stiptelik kan begin. Ons voorsien middagetes. Jy sal verantwoordelik wees vir jou eie vervoer, verblyf, ontbyt en aandetes. Ek heg 'n lys van moontlike verblyfopsies aan. Hierdie is mense van die Woordskool wat "self catering" plekkies bedryf. Jy is welkom om hulle te kontak of alternatiewe reelings te tref. AirB&B, Bookings.com, Lekkerslaap is "Apps" wat baie behulpsaam mag wees. Die kursus mag in Engels aangebied word indien daar mense teenwoordig is wat nie Afrikaans magtig is nie. Die materiaal sal altyd in jou huistaal beskikbaar wees ongeag die taal van aanbieding. Ons sien uit om jou te ontvang. Akkommodasie: Onrus: Eenheid met 2 enkel beddens, eie ingang, kombuisie, TV, badkamer met stort. Kontak Heidi Hymne: 061 495 4280 Vermont: Selfsorg woonstel wat 4 mense slaap. Adres: Kersbosstr 22, Vermont. Kontak Frans en Magda Jordaan: 083 299 9016 Ewigevreugde Adres: Glasolienstr 1, Vermont Kontak Ansie Groenewald: 072 014 2190 L'Abri Adres: 8 Bauhiniastraat, Vermont, 7201 L'Abri is deel van die Vita Dei sendingstasie. 4 x ensuite slaapkamers, elkeen met een "queen sized" bed en een stapelbed. Gaste deel gesamentlik die leefarea en kombuis. Huis sal alleenlik beskikbaar wees vir IFJJ gaste tydens die week van die "kursus". Kontak Pippa gerus by 069 511 3934


Beplanning


Kontak Besonderhede

besprekings@gmail.com

ZAF


bottom of page