
ONTMOET RIEKERT & PIPPA BOTHA
Riekert en Pippa het die voltydse bediening in 1991 betree, kort na hul troue. Vir die eerste vyf jaar was hul verbonde aan die Logos Baptiste Gemeente in Bellville, waarna hul vir 5 jaar as sendelinge in Oekraine gewerk het. Terug in Suid-Afrika het hul 'n beroep aanvaar na die Vredendal Baptiste Gemeente - en dit is waar die meeste van ons hulle leer ken het. Riekert het bekendheid verwerf deur sy gereelde program Pleisters vir die Siel op RSG saam met Derrich Gardner. Sedert 2012 reis Riekert voltyds deur die land om sy gewilde seminare aan te bied by kerke en skole waar hy gevra word.
Riekert se styl is informeel en prakties. Hy beskik oor die vermoë om diep geestelike waarhede op 'n eenvoudige manier bloot te lê sodat almal kan verstaan. Luister gerus na sy aanlyn-boodskappe of kyk na kort videogrepe en Bybelstudies op sy YouTube-kanaal.
Riekert en Pippa is ook taamlik bedrewe met die pen en het hulle al heelparty titels die lig laat sien. Gaan loer gerus in die boekwinkel vir die nuutste boeke beskikbaar en teken aan om Pippa se nuutste blog direk in jou e-posbus te ontvang.
Follow our journey on YouTube and Instagram
Sing the praises of the Lord, you his faithful people;
praise his holy name.
For his anger lasts only a moment,
but his favor lasts a lifetime;
weeping may stay for the night,
but rejoicing comes in the morning.
- PSALM 30



“Vita Dei” (Die Lewe van God)
Johannes skryf: In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie (Joh 1:4-5).

Hierdie is 'n 7-dae kursus wat die krag, waarheid en heerlikhede van Jesus Christus weer herontdek.
Hierdie reis is vir diegene wat nie tevrede is om net van Jesus te weet nie maar Hom dieper wil leer ken.
Ons noem dit ' n reis want dit neem ons hele lewe lank om in die kennis van Hom te groei as studente van Christus.
Die beperkte getal mense in die groep gee kans vir hartsgesprekke sodat ons nie net inligting versamel nie maar toelaat dat Jesus ons harte verander in die lig van Hom.

This is a 7 day course where you rediscover the power, truth and glory of Jesus Christ.
This journey is for those who are not satisfied to just know about Jesus but want to know Him more.
It is called a journey because it takes your whole life to grow in the knowledge of Him as a student of Christ.
The limited amount of participants in the group allow for personal conversations. This prevents the accumulation of knowledge without the change of heart that Jesus desires.

IETS OP DIE HART
Vermont | Hermanus | Suid Afrika
Tel: +27 69 511 3934

ONDERSTEUN ONS
WF Botha
ABSA 340149890
Verwysing: Woordskool

































![Is Jesus jou Here, jou Meester?
GALÁSIËRS 3:24-27 AFR53
[24] Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. [25] Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie. [26] Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; [27] want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
.
.
#riekertbotha](https://scontent.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/571395637_18005093927811388_3246061255175102301_n.jpg?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=104&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0xJUFMuYmVzdF9pbWFnZV91cmxnZW4uQzMifQ%3D%3D&_nc_ohc=4QMafYsypbUQ7kNvwF2Av-p&_nc_oc=Adq5ZR5o58B7MAQ5i5ADu_V8ufI1-kwNaUg78MPAWwUBm9rhIPNBO-us5aPJyZiP68U&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=_M0GaBO_YKmKWXuS3X8zxQ&_nc_tpa=Q5bMBQHJdJXNz66bJes0Fxi623El04DOhYkD-z43sF_XEYWt73W3OiIa4-x9JZTrF0MOJNS02_jeHs1b&oh=00_Afwlmf3XACXQ_ViKH4PBm7g4EA1Y_vcoYOGIpHY4vZisTw&oe=69C748EF)






![Doop van gelowiges. Sondag, 14 September 2025.
KOLOSSENSE 2:9-12 AFR53
[9] Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;[10] en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;[11] in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,[12] omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
.
.
#riekertbotha
#vitadei](https://scontent.cdninstagram.com/v/t51.82787-15/548516726_18000071402811388_5964923135333769783_n.jpg?stp=dst-jpg_e35_tt6&_nc_cat=105&ccb=7-5&_nc_sid=18de74&efg=eyJlZmdfdGFnIjoiQ0xJUFMuYmVzdF9pbWFnZV91cmxnZW4uQzMifQ%3D%3D&_nc_ohc=Iz1rtx6KhTIQ7kNvwGMugbK&_nc_oc=AdoHVauW7TvW-RI5hycHLHxillln7zTrZ_m10X7TarGpA6lxotoFOBu2BDdblM_5em8&_nc_zt=23&_nc_ht=scontent.cdninstagram.com&edm=ANo9K5cEAAAA&_nc_gid=_M0GaBO_YKmKWXuS3X8zxQ&_nc_tpa=Q5bMBQFfzz74sl1I2rEocjhjnuhR77vtgoey2Y_M9u_hkrQ4j9vMf8eoZAJfMSFGNz2msfjHQ5latzL2&oh=00_AfxSHlY7nDeoko_8N6TWXfh_oNB1eePAwQT3SI7iUDyezA&oe=69C75757)


















