top of page
Writer's picturePippa Botha

Ons is uit die koninkryk van duisternis uitgehaal



Geliefdes,


Ons is uit die koninkryk van duisternis uitgehaal en oorgebring na die koninkryk van die Seun van God se liefde en nou is ons Sy liefde deelagtig! Daarom noem ons mekaar Geliefdes…


Die jaar het soos ‘n oogwink verby gespoed. Ons deel graag ‘n paar hoogtepunte met julle:


Teen einde November sal ons 14 “In die voetspore van Jesus reise” voltooi het. Dertien daarvan is by L’Abri (ons huis in Vermont) aangebied en een is in Inhassoro Mozambique aangebied. Ons staan in verwondering oor die impak wat hierdie afsondering, fellowship en lering op mense se lewens het. Ek en Riekert het die voorreg om die materiaal herhaaldelik te behandel maar Jesus alleen doen die werk in elke hart en ons dank Hom dat ons ‘n klein bietjie daarvan mag aanskou.


Die datums van 2025 se “reise” sal 1 Oktober op die webtuiste riekertbotha.co.za beskikbaar wees. Bespreek so gou moontlik want die plekke is baie beperk.


Ons het nie hierdie jaar gereis soos die vorige 10 jaar nie. Vroeër het Riekert uitnodigings aanvaar na gemeentes en skole regoor Suid Afrika en daar bedien. Ons glo dat daardie hoofstuk verby is en dat ons, in die toekoms, meestal uit Vermont sal werk en bedien.


Die YouTube bediening bly vir ons verrassend tov die hoeveelheid mense wat bereik word. Die terugvoer en waardering van die kykers is bewys dat Jesus die kanaal gebruik en seën.


Riekert het vir ‘n paar jaar nie boeke geskryf nie maar is weer goed op dreef om bybelstudies te skryf wat CUM boeke sal uitgee. Hy beplan om elke 6 maande ‘n boek klaar te hê sodat dit verwerk kan word vir druk. Ons is opgewonde oor hierdie projek.


Die Woordskool in die DeWetsaal in Onrus gaan nou vir 7 jaar aan. Die mense wat dit bywoon kom uit verskillende gemeentes en groepe. Saam groei ons in liefde en kennis van Jesus en die geniet heerlike fellowship. Dis opvallend om te sien hoe die gelowiges vrymoedigheid kry om mekaar te bedien met hulle unieke gawes en die leiding van die Heilige Gees. Die liggaam van Christus werk oor die grense van kerkgeboue en struktuur.


Ons kinders is druk besig by hulle onderskeie werke. Hulle behou die Geloof. Hulle streef na gesonde huwelike en families. Ons dank Jesus vir elkeen van hulle.


Willem en Michelle trek die einde van die jaar Kaap toe waaroor ons natuurlik baie opgewonde is. Willem sluit by Christiaan se besigheid aan waar hulle skoliere tutor in wiskunde. Michelle het ‘n pos by Curro Durbanville aanvaar.


Christiaan en Adelinde en die kleinspan is baie gelukkig en gesond en loop met Jesus. Ons sien hulle gereeld en dis ‘n voorreg om so naby ons kleinkinders te woon.


Dian en Katelyn gaan vir eers in Pretoria aanbly. Hulle is albei nog besig met hulle studies terwyl hulle voltyds ook werk. Die lewe in die stad is uitmergelend maar niks is tevergeefs nie. Hulle leer kosbare lesse en ons sien hoe Jesus hulle lei.


Ons leef ‘n unieke lewe en word deur Jesus gerig en versorg. Ons is dankbaar vir die getuienis in ons harte dat Jesus ons Here en Voorsiener (ons Werkgewer) is. Hy gebruik Sy kinders om ons te vertroos en bedien, net soos Hy ons gebruik om hulle tot diens te wees. Ons is so dankbaar vir elkeen wat ons dra in gebed en finansies. Ons ontvang elke goeie gawe uit Jesus se hand!


Philippians 2:1-11 ESV

So if there is any encouragement in Christ, any comfort from love, any participation in the Spirit, any affection and sympathy, complete my joy by being of the same mind, having the same love, being in full accord and of one mind. Do nothing from selfish ambition or conceit, but in humility count others more significant than yourselves. Let each of you look not only to his own interests, but also to the interests of others. Have this mind among yourselves, which is yours in Christ Jesus, who, though he was in the form of God, did not count equality with God a thing to be grasped, but emptied himself, by taking the form of a servant, being born in the likeness of men. And being found in human form, he humbled himself by becoming obedient to the point of death, even death on a cross. Therefore God has highly exalted him and bestowed on him the name that is above every name, so that at the name of Jesus every knee should bow, in heaven and on earth and under the earth, and every tongue confess that Jesus Christ is Lord, to the glory of God the Father.


Mag ons in elke opsig van ons lewens Jesus, ons Here, gehoorsaam.

Mag ons lewens Hom eer bring!


Saam met julle in Sy diens,


Riekert en Pippa

30 views0 comments

Recent Posts

See All

Komentarze


bottom of page