top of page

Steen van aanstoot en mal perde


VitDei African journey
VitDei African journey

Liewe Familie in Jesus,


Julle was so kosbaar met jul bediening aan ons deur die jaar en daarom wil ons julle graag vertel van die paaie waarop Jesus ons lei.


1. Gedurende die laaste jaar het ons weereens gesien hoe die "Steen van Aanstoot" en die "Rots van Struikeling" ons grootste skat is. Stamp Hom weg en Hy verbrysel jou, omhels Hom en Hy genees jou.


2. Ons het die afgelope jaar hoë profiel kerkleiers met baie aansien ontmoet wat geen vreugde in Jesus vind nie. Ons het ook onopsigtelike, onindrukwekkende dissipels ontmoet wat in die heerlikheid en lig van Christus lewe. Ons het mense ontmoet wat met groot ywer hul eie bedienings bou en mense wat met vredevolle oortuiging hul lewens aflê vir die Geliefde - letterlik.


3. Daar is mense wat ons nie graag weer sal wil besoek nie. Daar is mense wat ons baie graag weer sal wil sien, en dan is daar ook mense wat ons graag weer sal wil sien maar skrikkerig is om dit te doen aangesien hulle in lewensgevaarlike areas werk.


4. Die toer was revolusionêr vir my en Pippa en het diepgaande skuiwe in ons harte bewerk. Ons is oortuig daarvan dat Jesus ons in sleutelareas onherroeplik verander het.


Riekert and Pippa veilig by L'Abri


5. Julle weet in alle waarskynlikheid van die Reise wat ek en Pippa volgende jaar in Vermont gaan aanbied. Elke Reis duur 7 dae en word by ons aan huis gehou. Daar is 15 sulke Reise en hulle is reeds almal vol bespreek. Dit is n wonderlike belewenis om mense se honger na Jesus te sien (veral in die tyd waarin ons nou leef). Twee van die Reise word DV in Mosambiek aangebied. Die een is in Inhassoro (en is vol bespreek deur Suid-Afrikaners). Die tweede is in Pemba en is uitsluitlik vir die plaaslike gemeente wat almal voorheen Moslems was.


6. Ons het ook duidelikheid gekry oor die Woordskool en dat ons daarmee sal aangaan. Ons sal voortaan op Maandae-aande in die De Wet-saal vergader.


7. Met sekere kontakte het ons dieper bande gebou en uit hierdie verhoudinge ontstaan daar ook nou natuurlike netwerkskakeling. Ons het geen idee wat dit alles mag inhou of waarheen dit sal lei nie, behalwe dat Jesus daardeur verheerlik sal word. Dit lyk ook of daar groot belangstelling onder Suid-Afrikaanse gelowiges is om die Jesus-Reise in buurlande by te woon.


8. Ons is dankbaar om weer tuis te wees en om ons kinders en kleinkinders weer te sien. Ons sien uit om met julle te kan fellowship, met die Reise te begin, en met die Woordskool aan te gaan.




VitaDei Afrika logo




Die malperd van ‘n Afrika-toer was voorwaar ‘n afspraak van die Here!


Mag Jesus jul elk in julle bedieninge seën en lei om die evangelie van die heerlikheid van Christus bekend te maak tot Hy kom!


Liefde

Riekert en Pippa

949 views3 comments

Recent Posts

See All

For joy

bottom of page