top of page

Die pad vorentoe


Na 15 jaar op Vredendal bevind ons ons nou in Vermont digby Hermanus. Ek weet wat jy dink: "vakansie" of dalk "aftree", maar dis nie een van die twee nie. Sedert ons hierheen verhuis het op 29 Novemeber 2016 het die lewe gebeur. Ons oudste seun het getrou, ons middelste het 21 geword, ons jongste is universiteit toe op Potchefstroom, en ons pa (Chris Botha) is op Woensdag, 8 Maart, oorlede na 'n beroerte vier dae vantevore. Daarbenewens het ons bouprojek nog nie begin nie (alhoewel ons hard werk en bid om dit moontlik te maak) en ons dogter se studiebeurs is afgekeur (ondanks die feit dat sy onder die top 20-studente in die Wes-Kaap was met haar matriekuitslae).

Maar elke keer as die koel seeluggie van Vermont by ons voordeur inwaai, word ons daaraan herinner dat God ons hierheen gestuur het en dat Hy in beheer is. Hy is die Een wat die pad vorentoe aandui. Hy bepaal die rigting en die eindbestemming! Hy maak deure oop wat niemand kan sluit nie, en Hy maak deure toe wat niemand kan oopmaak nie.

HY is ons pad vorentoe.


134 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page